Witrenosters – nog net een koei oor om te teel

Wetenskaplikes het aangekondig hulle gaan nie langer een van die laaste twee noordelike witrenosters vir ‘n teelprogram gebruik nie. Internasionale media berig eierselle gaan nie meer van die 32-jarige renoster, Najin, geoes word nie. Najin en haar dogter, Fatu, is die laaste twee noordelike witrenosters in die wêreld. Hulle is na ‘n reservaat in Kenia geskuif saam met die spesie se laaste twee bulle wat in 2014 en 2018 gevrek het. Die teelprogram het met geoeste spermselle voortgegaan. Nie Najin of Fatu kon tot dusver ‘n swangerskap suksesvol voltooi nie.