Noord-Kaap se droogte nog nie gebreek nie

Die wydverspreide reën in die Noord-Kaap kan verligting en ‘n beter seisoen vir boere bring, maar dit gaan tyd neem om ekonomiese herstel in die streek te bewerkstellig. Dit is die mening van die hoof van AgriSA se Sentrum vir Uitnemendheid, Willem Symington. Hy sê baie reën is nodig voor boere weer hulle kern-kuddes kan opbou en begin om hoë skuld af te betaal. Symington het egter beklemtoon die boeregemeenskap verwelkom die reën: