Witrenosters: Ministerie sal permitte noukeurig ondersoek
Die omgewingsministerie is warm onder die kraag oor wat hy sê die invoer van witrenosters op die hoef vanuit Suid-Afrika invoer om weer uit te voer na lande buite hul natuurlike verspreidingsgebied. Die ministerie waarsku diegene om nie betrokke te raak by sulke transaksies nie, aangesien dit nie ondersteun word binne die bepalings van die CITES-konvensie nie. Volgens woordvoerder Romeo Muyunda sal die ministerie nie toelaat dat Namibië gebruik word om die Suid-Afrikaanse wette te omseil nie. Muyunda sê permitte sal noukeurig deurgegaan word voor goedkeuring.