Okh-inwoners sal betoog teen borg vir dwelmbeskuldigdes June 5, 2025

Gemeenskapslede op Okahandja beplan ‘n vreedsame betoging op 23 Junie teen die toestaan van borg aan David van der Linden, Armand Schultz en Johannes Kamati. Die drie sal dan ‘n formele borgaansoek bring. Dit kom na hulle op 30 Mei in die hof verskyn het na ‘n daggaplantasie op ‘n plaas naby Hochfeld ontdek is. Hulle word aangekla van handeldryf in afhanklikheidsvormende stowwe en die besit van dwelmproduserende stowwe. Die waarde van die dwelms beloop  ongeveer 52 miljoen Namibiese dollar. Die Stop the Violence Community Action Group het reeds aansoek vir toestemming by die nodig owerhede gedoen.