Witkruisarende na meer as ‘n eeu weer terug in Skotland

Voëlkykers in Skotland is opgewonde nadat witkruisarende vir die eerste keer in meer
as ‘n eeu by Loch Lomond opgemerk is. ‘n Aantal van die roofvoëls is opgemerk waar
hulle plek soek om nes te maak, wat daarop dui dat hulle van plan is om te bly. Die
arende is oor die jare uit die gebied verdryf, terwyl habitatveranderings daartoe bygedra
het dat hulle vroeg in die 20ste eeu in die Verenigde Koninkryk op die rand van
uitwissing was. Witkruisarende is egter weer in Skotland hervestig en daar word
bereken dat daar tans meer as 150 broeipare is.