Benetton wen die 2021 Reënboog-beker

Rugby: Benetton het die Reënboog-beker-eindstryd teen die Bulls in Treviso, Italië, met 35-8 gewen. Die Italiaanse span het volgens nuusagentskappe alle fasette van die spel oorheers. Die Bulls kon eers na 27 minute enige punte op die telbord kry.Die oud Suid-Afrikaner en kaptein van Benetton, Dewaldt Duvenage.