Wise4Africa verskil van Ramaphosa se hantering van Gondongwana-saak

Die organisasie Wise4Africa het Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa skriftelik ingelig dat hy verskil van die President oor die aantygings van seksuele aanranding teen die minister van finansies, Enoch Godongwana. Die mede-direkteur van Wise4Africa, Brenda Madumise, sê Ramaphosa loop draaie om die kwessie en wil nie ‘n besluit neem nie. Dit volg nadat Ramaphosa by monde van sy woordvoerder, Vincent Magwenya, gesê het die gereg moet sy gang gaan rakende die saak. Madumise sê Ramaphosa se standpunt kom aan die vooraand van die tweede presidensiële beraad oor geslagsgeweld en die moord op vroue.