Donaurivier op laagste vlakke weens erge droogte in Europa

Die ergste droogte in Europa in jare het die magtige Donaurivier tot een van sy laagste vlakke in byna ʼn eeu laat sak. Die min water het die rompe van tientalle Duitse oorlogskepe vol plofstof blootgelê wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gesink is. Die vaartuie is van die honderde wat Nazi-Duitsland se Swartsee-vloot in 1944 in die Donau gekelder het. Die tonne ammunisie en ploftoestelle op die wrakke skep ʼn gevaar vir skeepsroetes en Serwië en Roemenië se visbedryf.