Namibiese kinders ly die ergste weens armoede – verslag

Meer as 43,3 persent van Namibië se bevolking leef in multidimensionele armoede, volgens ‘n verslag van die konsultasiemaatskappy NaMedia. Die gemiddelde intensiteit van armoede is 44 persent, wat beteken dat arm mense in Namibië gemiddeld 44 persent ontberings ervaar. Inwoners van die streke Kavango-Wes en -Oos en die Kunene is die armste. Die jongste kinders tussen een en vier jaar oud ly die ergste weens armoede, gevolg deur kinders tussen vyf en nege jaar oud.