Winste deur oliemaatskappye skerp gekritiseer

Europa se grootste oliemaatskappye Shell en TotalEnergies loop deur onder kritiek oor die ongelooflike winste wat hulle aangeteken het. Shell het in Europa 11,5 miljard Amerikaanse dollar se winste in die afgelope kwartaal verdien met TotalEnergies wat 9,8 miljard Amerikaanse dollar in winste, in dieselfde tydperk, verdien het. Gingerbread, ‘n niewinsgewende organisasie in Brittanje wat enkelouers ondersteun sê dit is ‘n kwessie van morele waardes. Victoria Benson, die organisasie se uitvoerende hoof.