Suid-Afrikaner een van die wenners in strafste perderit ter wêreld

Die Suid-Afrikaanse ruiter, Willemien Jooste, is bekroon as een van die wenners van die Mongoolse Derby 2022. Jooste het saam met die Amerikaanse ruiter, Deidre Griffith, tweede geëindig in die wedloop in Mongolië. Die Mongoolse Derby is die langste en strafste perderit ter wêreld. Volgens Jooste is sy oorweldig deur die oorwinning ten spyte van die feit dat die perde half-wild is, wat dit ‘n baie groot uitdaging maak om die wedloop te voltooi.