Wintergrane lyk belowend in buurland

Die jongste voorlopige beramings vir Suid-Afrika se wintergewasaanplantings vir 2022-2023, skets in die algemeen ʼn positiewe prentjie. Dit is die mening van die hoofekonoom van die Landbou-sakekamer, Wandile Sihlobo. Volgens hom is die koringaanplantings byvoorbeeld na raming 553 900 hektaar, wat ʼn jaar-tot-jaar-styging van ses-persent verteenwoordig. Sihlobo sê daar is verwagtinge vir nog ʼn goeie oes vanjaar, veral aangesien die grondvog in die meeste gebiede in die land in die algemeen verbeter het ná die swaar somerreëns.