Windhoekse Stadspolisie maan oor bedrog met verkeersboetes

Dit het onder die aandag van die Windhoekse Stadspolisie gekom dat daar ‘n bedrogspul met betalings van verkeersboetes aan die gang is. Verdagtes van dié swendelary beweer dat hulle stadspolisie-beamptes is en vra vir elektroniese betalings vir verkeersboetes. Superintendent Celie Kapolo van die stadspolisie waarsku lede van die publiek om versigtig te wees vir hierdie swendelaars en om nooit betalings van so ‘n aard te maak nie.