ANC stel Wes-Kaapse verkiesingskonferensie uit

Die ANC in die Wes-Kaap het sy provinsiale verkiesingskonferensie wat hierdie naweek sou plaasvind, herskeduleer. Dit volg nadat die Suid-Kaap- en Dullah Omar-streke administratiewe probleme ondervind het. Die provinsiale woordvoerder van die ANC, Sifiso Mtsweni, sê strukture is aangesê om voorrang te gee aan die nominasieproses vir die nasionale konferensie. Volgens Mtsweni is ‘n besluit geneem om die provinsiale en nasionale prosesse gelyktydig te laat plaasvind.