Windhoekers moet rustig wees, daar is water…

Ná die aankondiging van Stad Windhoek dat Windhoekers, water-onderbrekings vanaf Vrydag tot Sondagaand water-onderbrekings gaan hê, het dit het onder die aandag gekom dat daar mense is wat die inwoners mislei deur vir hulle te sê om water aan te vul. Die woordvoerder van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya, het aan Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon daar water sal wees, alhoewel net uit die stad se boorgate. Sy doen ‘n beroep op inwoners om water spaarsamig te gebruik.