Mexikaanse owerhede vang ‘narco of narcos’

Rafael Caro Quintero, ‘n dwelmbaas bekend as “the narco of narcos” wat in 1985 ‘n Amerikaanse dwelmwetstoepasser gemartel en toe vermoor het, is deur Mexikaanse magte gevange geneem byna ‘n dekade nadat hy uit die tronk gestap het. Caro Quintero is gearresteer nadat ‘n soekhond met die naam Max hom gevind het waar hy in die dorpie San Simon weggekruip het. Daar was ook internasionale lasbriewe vir hom uitgereik. ’n Baie kort video wat deur die Mexikaanse vloot vrygestel is, wys Caro Quintero geklee in ‘n denim, ’n sopnat blou hemp en kakiebaadjie wat vasgehou word deur mans wat kamoefleerdrag en aanvalsgewere dra.