GRN maak ommekeer, N$57m begroot vir voertuie, na vyfjaar ‘moratorium’

Dit wil voorkom asof die Namibiese regering ‘n ommekeer gemaak het op die moratorium wat President Hage Geingob op 14 Mei 2020 op die aankoop van nuwe regeringsvoertuie gemaak het. Hy het destyds die moratorium tot 2025 ingestel. Die Tender Bulletin berig dat 52 miljoen Namibiese dollar dié jaar opsy gesit is vir nuwe voertuie, 643 persent meer as die 7 miljoen dollar wat in 2021-2022 begroot is. Maar dit eindig nie daar nie. Daardie jaar se begroting is 70 persent minder as die 23,9 miljoen dollar wat in 2020-2021 begroot is wat op sy beurt 273,5 persent meer is as die 6,4 miljoen dollar wat in 2019-2020 begroot is. Dus, was die belofte van Geingob, wat in 2020 in werking moes tree en regoor die vasteland geloof is, nooit gehou nie.