Windhoekers kan insette lewer oor ontwerp-regulasies van spesiale tariewe gebiede

Stad Windhoek nooi eiendomseienaars en belangstellendes uit om insette te lewer oor die ontwerp-regulasies van die spesiale tariewe gebiede. Insette en kommentaar moet voor 15 November die stad bereik. Die woordvoerder, Lydia Amutenya, sê die ontwerp-regulasies is op die webtuiste van Stad Windhoek beskikbaar.