Nanso veroordeel hulpfonds vir studente

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het sy ontevredenheid uitgespreek oor die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente, die NSFAF, wat sê dit sal die name van studente wat nie hul lenings terugbetaal nie in koerante publiseer. Dit sal gevolg word deur ‘geskikte regsaksie’. Nanso sê die gemiddelde jong Namibiër kan nie hul lenings terugbetaal nie weens die hoë werkloosheidsyfe in Namibië nie. Die nasionale woordvoerder van die Nanso, Esther Shakela, sê die fonds respekteer nie die studente en hul privaatheid nie.