Net drie pasiënte nog in intensiewesorgeenhede

Die Namibiese gesondheidsministerie het geen Covid-sterftes aangemeld nie. Daar is 25 nuwe gevalle uit 1 189 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,1 persent verteenwoordig. In die groep is 17 leerders van skole en twee onderwysers. Daar is ou 840 aktiewe gevalle, waarvan 50 in hospitale is en drie in intensiewesorgeenhede. Altesaam 247 298 mense is ten volle ingeënt. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, gee die jongste Covid-syfers.