Windhoekers kan binnekort herwinbare-afval verkoop

Inwoners van die hoofstad sal binnekort ’n inkomste kan verdien deur hul herwinbare afval in te samel en aan Stad Windhoek se terugkoopsentrums te verkoop. Die eerste terugkoopsentrum vir die stad sal op die hoek van Hans-Dietrich Genscher- en Bondelstraat in Katutura gebou word. Die projek is deur die Europese Unie befonds ten koste van 36,8 miljoen Namibiese dollar onder die Windhoek-Bremen-susterstede-samewerking. Windhoek se burgemeester Sade Gawanas, sê die hoofdoel van die projek is om afvalvolumes en skadelike omgewingsimpakte te verminder deur herwinning en werkskepping. Sy sê die projek na verwagting 2000 ton afval herwin, met 100 maandelikse aflewerings teen 2025.