ANC-leiers moenie klagtes openbaar opper nie

Die ANC het ‘n beroep op voormalige partyleiers gedoen om van interne prosesse gebruik te maak om hul bekommernisse uit te spreek. Dit volg nadat oudpresidente, Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe, en Jacob Zuma President Cyril Ramaphosa se leierskapstyl in die openbaar aangeval het. Die ANC se woordvoerder, Pule Mabe, sê as voormalige presidente iets moet sê, is die Nasionale Uitvoerende Komitee die beste platform om kommer oor Ramaphosa te opper: