Windhoekers bespaar nie genoeg water nie

Lede van die publiek het na sosiale media gestroom oor vuil water wat uit krane kom. Dit kom nadat Stad Windhoek afgekondig het dat boorgat water tans benut word. Die nuutse statistieke dui aan dat die teiken vir water besparing is 422,877 kiloliters, maar tussen die periode van 30 April tot 6 Mei het die stad 492,399 kiloliters gebruik. Hierdie is aanduiding dat ons steeds bo die limiet is. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek dui aan watter woonbuurte gebruik maak van boorgat water.