Namibiese landbousektor ondersoek nuwe uitvoer geleenthede

In ‘n poging om Namibië se landbousektor te versterk, loods die handel-ministerie, ‘n reeks bewusmakingswerksessies getiteld “Support to Fruit and Vegetables Value Chain”.  Hierdie sessies is in samewerking met die Namibiese Landbouraad en is deel van die EU-Namibië Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms. Die inisiatief is daarop gemik om Namibië se posisie in die globale landboumark te bevorder, en om die mededingendheid van Namibië se vrugte- en groenteprodusente te verbeter deur nuwe uitvoergeleenthede in die EU-mark te ondersoek. Elijah Mukubonda, die woordvoerder by die Ministerie van Handel, beklemtoon die belangrikheid van die inisiatief.