Manwu slaag daarin om massa-dissiplinêre verhore uit te stel

Namibia Drydock and Ship Repair het sy beplande massa-dissiplinêre verhore van werkers in Walvisbaai uitgestel, na ‘n versoek van die Metaal- en Verwante- Namibiese Werkers-unie, Manwu. Die vakbond sê om massa-dissiplinêre verhore van byna 500 werkers op een dag te hou, weerspreek alle idees van die regverdige behandeling van werkers, soos uiteengesit in die maatskappy se dissiplinêre kode. Die werkers het op 8 April gestaak oor beweerde onbillike werksomstandighede. Hulle is van onwettige nywerheidsoptrede aangekla en ontbied vir ‘n dissiplinêre verhoor wat vandag gehou sou word. Manwu se prokureur, Richard Metcalfe, sê elke werknemer is geregtig om individueel in sy of haar eie verdediging te getuig en om getuies in sy of haar verdediging te roep.