Windhoek Stadsraad kon weer nie ampsdraers verkies nie

Die Windhoek Stadsraad kon weer nie daarin slaag om ampsdraers ten volle te verkies nie, hierdie keer omdat daar nie ‘n kworum was nie. Die verkiesing is weer uitgestel, tot 8 Februarie. Die ampsdraersverkiesing op 1 Desember verlede jaar, waar Swapo se Queen Kamati as burgemeester verkies is, kon nie voortgaan nie nadat lede van die Affirmative Repositioning Movement, die Landless People’s Movement en die Popular Democratic Movement uitgestap het en sommige ander lede buite stemming gebly het.