Namibië se Onder-19 Salt Eagles maak reg vir Wêreldbeker

Namibië se onder-19 Walvis Bay Salt Eagles het veilig in in Kimberley, Suid-Afrika aangekom vir hul IKR Onder-19 Krieket Wêreldbeker-veldtog. Namibië is in Groep C saam met Australië, Sri Lanka en Zimbabwe. Hulle speel hul eerste groepwedstryd Maandag op die Diamond Oval in Kimberley teen Australië. Hulle sal Sri Lanka op Woensdag, 24 Januarie pak en kom op 27 Januarie teen Zimbabwe te staan. Hoofafrigter Oscar Nauhaus sê hulle voorbereidings het goed afgeloop en hulle sal gereed wees vir Australië.