Windhoek-stadspolisie wil ook hommeltuig inspan

‘n Suid-Afrikaanse sekuriteitsfirma, Fidelity, gebruik nou hommeltuie om veiligheidslandgoedere in Johannesburg te beveilig. Hommeltuie help om misdadigers vinniger op te spoor. In Namibië het die Windhoekse Stadspolisie ook ‘n hommeltuig gekry om tydens hul operasies te gebruik. Die hoof van die stadspolisie, Abraham Kanime, het aan Kosmos 94.1 gesê die papierwerk moet nog afgehandel word, voor die hommeltuig ingespan kan word.