Insekdoders bedreig biodiversiteit

Wetenskaplikes is van mening dat die gebruik van insekdoders vir die bestuur van peste en plae in Afrika verminder moet word. Weens die sprinkaanplae wat in dele van die vasteland, asook in Namibië voorkom, het die gebruik van sintetiese plaagdoders gestyg. Dit kan egter die omgewing besoedel en biodiversiteit bedreig. Voedselsekuriteit moet verseker word, maar Namibiese ekoloog, dr. Peter Cunningham het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die gebruik van insekdoders moet verminder word.