Lewis Stores skenk aan kankerlyertjies

Lewis Stores Namibia het N$100 000 geskenk ter ondersteuning van Nambiese kinders wat teen kanker stry. Hulle het onlangs die skenking aan Chica ofte wel Children Fighting Cancer Namibia se program van die Kankervereniging van Namibië oorhandig. Die fondse sal vir die Chica-huis aangewend word waar kinders tydelik gehuisves word wat kankerbehandeling in Windhoek kry. Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging is aan die woord.