Windhoek Sentrale Hospitaal kry pediatriese teater

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het Namibië se eerste pediatriese teater by die Windhoek Sentrale Hospitaal amptelik geopen. Volgens Shangula sal dit beduidend die koste van operasies verminder, omdat 90 persent van pediatriese operasies tans na private hospitale verwys word. Shangula sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê die pediatriese teater is nou kindervriendelik.