Saak tussen Stad Windhoek en Namibia Dairies weer uitgestel

Die saak tussen Stad Windhoek en Namiba Dairies is weer tot 16 Februarie 2023 uitgestel vir saakbestuur. Stad Windhoek dagvaar Namibia Dairies vir net meer as 24,5 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na ‘n swaar-oliestorting in Februarie 2019. Die twee partye het vandag weer voor regter George Coleman vir saakbestuur verskyn. Die stad sê ‘n foutiewe klep by die Avis-aanleg van Dairies het veroorsaak dat die olie nie net in die Gammams-herwinningsaanleg beland nie, maar het ook besoedeling daar en by die aanleg veroorsaak. Die stad kon ook ‘n geruime tyd nie die aanleg benut nie en dagvaar nie net vir omgewingsbesoedeling en kostes van opruiming nie, maar ook vir verlies in inkomste.