DA sê De Lille is ‘n hedendaagse Marie Antoinette

Die DA sê die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia De Lille, het onthul haar departement het byna 800 000 Suid-Afrikaanse rand bestee aan diesel vir kragopwekkers by ministers se huise te midde van die voortslepende beurtkrag. Die party sê terwyl belastingbetalers in die duister sit, word hul swaarverdiende belastinggeld gebruik om ‘n duisternis-vrye bestaan te befonds vir die einste kabinet wat verantwoordelik is vir die krisis by Eskom. Die DA-lid, Samantha Graham-Maré, sê De Lille is ‘n hedendaagse Marie Antoinette.