Windhoek se koalisie het misluk – Venaani

Die leier van die PDM, McHenry Venaani, sê Stad Windhoek se koalisie het misluk omdat hulle blykbaar standpunte, en leierskap, soos onderklere verander het. Die PDM, IPC, Nudo, LPM en Affirmative Repositioning-beweging het kragte saamgespan om Swapo se meerderheid op die raad te breek. Venaani sê daar is in prinsiep niks fout met koalisies nie maar, dat dit in die geval van die hoofstad ‘n volslae mislukking is. Die roterende burgemeesters belemmer ook enige noemenswaardige suksesse met projekte. Maar, Venaani sê dat koalisies die enigste manier is om Swapo se beheer te beëindig.