DA moet optree teen Zille na haar aanmerkings op Twitter

Die GOOD Party sê hy is nie verbaas oor die DA se federale voorsitter, Helen Zille, se koloniale siening van transgender-mense nie. In reaksie op ‘n twiet waarin die Amerikaanse sosialemedia-beïnvloeder, die transgenderpersoon Dylan Mulvaney, gekritiseer word, het Zille gesê: “Is dit nou nie meer ‘woke’ genoeg om net gay te wees nie?” Die twiet het ‘n groot debat op sosiale media ontlok met sommige mense wat haar beskuldig dat sy beweer dis nie wettig of eg om gay of transgender te wees nie. Die GOOD Party se woordvoerder, Brett Herron, sê die DA moet teen Zille optree: