Hoofveearts gesels oor die voorkoming van voëlgriep

voëlgriep word in talle dele van die wêreld aangemeld, insluitend sommige lande op die vasteland insluitend Suid-Afrika. Namibië het vinnig gereageer en invoere van verskeie lande verbied maar, die risiko bly staan omdat daar plaaslik voëlgriep uitbrekings onder wilde voëlbevolkings vroeër voorgekom het. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof van Veeartsenydienste in die landbouministerie, dr. Albertina Shilongo gesels oor maatreëls om ‘n plaaslike uitbreking te verhoed.