Windhoek rig 4 verkeersligte in Katutura op teen N$1,6m

Stad Windhoek het 1,6 miljoen Namibiese doller bekom om verkeersligte by drie kruisings in Katutura op te rig, sowel as die bekende 4-rigting in Havana. Luidens berigte is dit chaos by die Havana kruising, veral in spitsverkeer. Die Burgemeester Job Amupanda, wat die aankondiging gemaak het, sê dat daar in die afgelope 4 jaar geen begroting was vir vekeersprojekte nie en dit het ‘n groot agterstand gelaat.