Verkeer is swaar, maar geen insidente nie

Verkeer na die kus neem toe. Roetes was reeds vroeg vanoggend redelik besig, veral tussen Windhoek en Okahandja en talle Namibiërs reis of noorde toe, of see toe. Volgens Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheids Inisiatief, verloop alles nog goed, al is die volumes besig om op te tel.