Major is terug by Joe & Jill

President Joe Biden se jonger Duitse Herdershond Major, is terug by die Withuis na 2 weke se intensiewe opleiding, wat tyd met katte ingesluit het. Major het 2 keer gehap na personeel van die Withuis en moes vir verdere gedragsterapie gaan. Major is een van 2 aanneem honde maar hy het gedragsuitdagings. Die Bidens wil volgens berigte ‘n kat aanneem en dit is hoekom Major se opleiding ook kontak met katte ingesluit het. Hy het blykbaar uitstekend gevaar met die kitties.