Windhoek Oktoberfest gaan groter en beter wees

Namibia Breweries Limited het vandag aangekondig dat die 62ste Windhoek Oktoberfest ná ‘n afwesigheid van twee jaar weens die Covid-pandemie vanaf 27 tot 29 Oktober by SKW in die hoofstad sal plaasvind. NBL sê dit gaan groter en beter wees as die laaste Windhoek Oktoberfest wat in 2019 aangebied is toe slegs 6 700 besoekers die fees oor twee dae kon bywoon. Roux-Che Locke, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die Ohlthaver en List-groep, sê aan Kosmos 94.1 Nuus kaartjies is beskikbaar by Pick n Pay of aanlyn by Webtickets.