Net Charles en Anne by koninging Elizabeth se sterfbed

Volgens koningin Elizabeth se doodsertifikaat wat vandag gepubliseer is, is die oorsaak van haar sterfte ouderdom. Die 96-jarige monarg is op 8 September om tien oor drie die middag plaaslike tyd by die Balmoral-kasteel in Skotland dood voordat al haar kinders en kleinkinders by haar sterfbed byeen kon kom ,en meer as drie uur voordat die publiek ingelig is. Die doodsertifikaat, wat vandag deur National Records of Scotland vrygestel is, noem die koningin se oorsaak van sterfte is dieselfde as prins Philip s’n in April 2021. Prinses Anne was die boodskapper van die koningin se sterfte. Net prinses Anne en haar broer Charles was by die koningin se sterfbed teenwoordig.