LPO sê Meatco se probleme kan opgelos word

Die voorsitter van die Lewendehawe Produsente-0rganisasie, Thinus Pretorius, het gereageer op Meatco se benarde finansiële situasie. Hy sê Meatco se probleme kom reeds vanaf 2011 af en die LPO het geen steen onaangeroer gelaat in ‘n poging om Meatco op ‘n lewensvatbare trajek te plaas nie. Die LPO sê dit is betreurenswaardig dat die beleidstoepassers en bestuur van Meatco die pogings van georganiseerde landbou as negatief beskou en dus ‘n eens trotse bastion vernietig het sonder enige rekenskap. Pretorius gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy sê Meatco se probleme kan opgelos word, maar daar moet politieke wil wees.