Windhoek is relatief goedkoop, operateurs moet so Nomad-visum bemark

Simonis Storm in die hoofstad se jongste ontleding toon dat Windhoek, relatief tot ander stede in Afrika, redelik goedkoop is om in te woon. Volgens die makelaarsfirma, is dit ‘n bonuspunt vir toerisme, veral met die bekendstelling van die Nomad-visum, wat internasionale professionele mense, wat nie kantoorgebonde is nie, na die land kan lok. Theo Klein van Simonis Storm sê plaaslike operateurs moet die geleentheid aangryp.