Beurtkrag en eksamens… hoe gemaak?

Die IVP in KwaZulu-Natal doen ‘n beroep op die provinsiale LUR vir Onderwys, Mbali Frazer, om ‘n gedetailleerde plan voor te lê oor die voorkoming van beurtkrag-ontwrigtings tydens eksamens in die provinsie. Die 2022 Nasionale Senior Sertifikaateksamens begin oor twee weke. Thembeni Madlopha-Methethwa van die IVP sê beurtkrag in die provinsie hou ure lank aan, dag en nag, terwyl Eskom sukkel om die ligte te laat brand: