Windhoek Gimnasium ook gesluit

Die voorsitter van die Namibiese Privaatskole-vereniging en uitvoerende hoof van Windhoek Gimnasium, Colette Riecket, het ook bevestig dat dié skool weens Covid-19 gesluit is. Sy het gesê daar is oor die afgelope paar dae redelike Covid-19-positiewe gevalle by personeel, en ouers en leerders ervaar waar ook tragiese gevalle van ouers was wat gesterf het. Sy sê die skool word behoorlik skoongemaak waarna die leerders hopelik Maandag weer voluit kan skoolgaan.