Windhoek Afrikaanse Privaatskool toe weens Covid-19

Twee privaatskole in Windhoek is weens die Covid-19-pandemie gesluit. Die hoërskoolhoof van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool Cobus Espach het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die hoërskool is gesluit. Hy het gesê voorsorg is getref om die skool skoon te maak. Leerders sal met aanlynklasse voortgaan en die skool sal Dinsdag weer heropen.