Windhoek-burgemeester bespreek belangrike kwessies op raadsvergadering

Die munisipale raad van die Stad Windhoek is op die oomblik besig met hul maandelikse vergadering. Tydens die vergadering het die burgemeester, Sade Gawanas, in haar toespraak aan die raad gesê die stad fokus op die volgende vyf jaar en boonop is daar belangrike kwessies soos die aanstelling van die hoof uitvoerende beampte en die behuisingskrisis.