Namibiese Kamer van Mynwese verkies tweede adjunk-president

Die Namibiese Kamer van Mynwese het tydens ‘n spesiale algemene vergadering die tweede adjunk-president, George Botshiwe van die Kamer verkies ná die onlangse bedanking van die eerste adjunk-president. Die Kamer se uitvoerende komitee vir die tydperk 2022 – 2023 is soos volg: Die president is Hilifa Mbako van Orano Mining Namibia, die eerste adjunk-president is Zebra Kasete van Dundee Precious Metals, en die tweede adjunkpresident dus Botshiwe van die Navachab-goudmyn.