Groot belangstelling in SA20-liga, sê Smith

Die Direkteur van Suid-Afrika se nuwe SA20-liga, Graeme Smith, sê daar is groot belangstelling in die toernooi ondanks die kalenderbotsings. Dit word vanaf 23 Januarie op ses stadions gespeel. Die spelersveiling vind op die 19de van hierdie maand plaas, en die spanne sal ‘n maksimum van 17 spelers kan kontrakteer teen ‘n totale bedrag van 35 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Smith sê hulle sal hulle ook toespits op die ontwikkeling van plaaslike spelers: