Wimbledon se glans taan

Tennis: Soonwoo Kwon van Suid-Korea gaan in die eerste ronde van Wimbledon teen die top-gekeurde en verdedigende kampioen, Novak Djokovic van Serwië, te staan kom. Die tweede-gekeurde Rafael Nadal van Spanje gaan Francisco Cerundolo van Argentinië die stryd aansê. Die trekking vir die grasbaan- Grandslam-toernooi is in Londen aangekondig. In die vroue-afdeling gaan die top-gekeurde Iga Swiatek van Pole kragte meet met Jana Fett van Kroasië. Wimbledon het vanjaar ‘n bietjie van sy glorie verloor nadat hy gestroop is van ranglys-punte, omdat spelers van Rusland en Belarus nie mag deelneem nie.